Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 22 FEBRUARIE 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans, en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (Naam en Roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

AANSPRAAK GEMAAK OP EERSTE 4 METER AMA-KONTAK

SUMBANDILASAT WORD VANAAND OP DIE INTEGNET BESPREEK

LIDMAATSKAP BEREIK DIE 1 400-MERK

WĘRELD AMATEURRADIO-DAG GAAN FOKUS OP NOODKOMMUNIKASIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

AANSPRAAK GEMAAK OP EERSTE 4 METER AMA-KONTAK

Andy Kissack, GD0TEP, op die eiland ‘Isle of Man’, glo dat sy (AMA) aard-maan-aardkontak met Willem Badenhorst, ZS6WAB, op 4 meter kan ‘n eerste wees. Newsline rapporteer dat dit ‘n węreldrekord op 4 meter kan wees.

Andy noem op sy webwerf dat ná toetse wat hy en GD4GNH in 2006 gemaak het, hy ‘n geskikte stasie gekry om ‘n AMA-kontak op 4 meter mee te maak. Op grond hiervan, het Andy en Willem op Vrydagaand 13 Februarie probeer om ‘n AMA-kontak te bewerkstellig. Ongelukkig het die mas-gemonteerde send/ontvangsrelę nie gewerk nie, weens nattigheid in die relę.

Hulle tweede poging was op die oggend van 15 Februarie. Om 00:38 UTC het die maan sigbaar geword by Andy se stasie en om 01:34 het hy die eerste eggo van die maan terugontvang. Sowat ‘n minuut later het Andy en Willem, wat beskou word as die węreld se eerste 4 meter AMA-kontak gemaak. Hulle het die lae-ruis JT65-digitale modus gebruik. Vir foto’s van die QSO, gaan kyk op www.gd0tep.com.

JT65 is ‘n digitale protokol bedoel vir amateurradiokommunikasie met uiters swak seine. Dit is ontwerp om aard-maan-aard (AMA)-kontakte te optimaliseer op die BHF-frekwensies en te voldoen aan die bestaande standaarde en prosedures vir sulke QSOs. JT65 het fout-herstellende kenmerke wat dit baie kragtig maak – selfs met seine wat te swak is om te hoor.

SUMBANDILASAT WORD VANAAND OP INTEGNET BESPREEK

Vanaand, Sondag 22 Februarie, vanaf 19:30 is die onderwerp van bespreking op INTEGNET, SumbandilaSat en die amateurradio-loonvrag. Sluit aan by die ontwerpers en bouers vir ‘n opdatering van wat u kan verwag ná die lansering wat geskeduleer is vir 25 Maart 2009. Dr Gert-Jan van Rooyen gaan die sagteware-gedefinieerde transpondeerder bespreek en hoe dit by die amateurloonvrag geďntegreer word. Daar is ‘n reeks skyfies beskikbaar wat van die ARMI-bladsy op www.sarl.org.za afgelaai kan word, klik op “Publications” en kies “ARMI”.

SA AMSAT-president Dave Long, ZS5FR, sal deelneem aan die bespreking en wil graag u insette hoor oor wat in die volgende projek ingesluit moet word.

LIDMAATSKAP BEREIK DIE 1 400-MERK

Hierdie week het die SARL-lidmaatskap die 1 400-merk bereik en is op pad na die volgende teiken van 1 450. As u nog nie die belangrike stap geneem het om by die SARL aan te sluit nie en ondersteuning te gee aan die ontwikkeling en die toekoms van amateurradio nie, maak nou so. Besoek www.sarl.org.za en klik op “Membership” vir besonderhede. Die verhoging in lidmaatskap toon ‘n 8,1%-groei teenoor verlede jaar.

Hierdie week heet ons die volgende nuwe lede welkom en wens hulle ‘n lang verbintenis met die SARL toe – tot wedersydse voordeel:

Simon Cammies, G3VNI;
B.E. Johnson, ZR1BEJ;
Fred Ziss, ZR1FZ;
David E Pieterse, ZR1DEP;
Rory Bruins, ZR1RBR;
Paul Johnson, ZS1BR;
John Green, ZS1GOM;
Okko de Jameer, ZS1OKO;
Owen Penberthy, ZS1JN;
Mathias Tolken, ZU1MT;
Angela Tolken, ZU1YZ;
Karel Reyneke, ZU3K;
Albie Gibson, ZS4AZ;
Andrč de Jong, ZR5AKQ;
Timothy Schoeman, ZR5TIM;
Reginald Llewellyn, ZS5REG;
Hennie Stander, ZR6STI, en
Doryn L Jolly, ZR6JO.

WĘRELD-AMATEURRADIODAG FOKUS OP NOODKOMMUNIKASIE

Die IARU het vanjaar se węreld-amateurradiodag op 18 April aan noodkommunikasie toegewys. Dié dag is ‘n Saterdag wat dit ideaal maak om vir die publiek van Suid-Afrika te wys waaroor amateurradio gaan en te fokus op die gemeenskapsdiens wat radioamateurs aan die publiek verleen. Luister na die Hamnetverslag op Amateur Radio Mirror International later vanoggend, of besoek www.sarl.org.za, klik op “Activities” en kies “HAMNET” vir ‘n oudio-opname of gedrukte weergawe.

PIC-KURSUSDEELNEMERS KAN ‘N ONTFOUT-MIKROSKYFIE WEN

As u bespreek het en deelgeneem het aan een van die SARL se PIC-kursusse, word u genooi om deel te neem aan ‘n kompetisie waarin een gelukkige persoon ‘n ontfout-mikroskyfie (“Microchip debugger”) kan wen. Vir volle besonderhede hoe om deel te neem, besoek die RTA-bladsy op www.sarl.org.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Maart 2009. Slegs persone wat ‘n SARL-PIC-kursus bygewoon het mag deelneem. Volg die aanwysings op die webwerf.

IARU- STREEK 1-UITVOERENDE KOMITEEVERGADERING

Die Uitvoerende Komitee van IARU-Streek 1 hou hul eerste vergadering van Vrydag 27 Februarie tot Maandag 2 Maart 2009 by ‘n hotel by die Heathrowlughawe in Londen. Die UK sal benewens die verskeie verslae wat hanteer moet word, ook kyk na ‘n strategieplan vir die streek vir die volgende drie jaar.

KOMPETISIENUUS

Volgende Sondag, 1 Maart, is die populęre SARL Hamnet-40 meter-gesimuleerde noodkommunikasiekompetisie op die lug vanaf 14:00 tot 16:00 SAT. Dit is ‘n foon-alleenkompetsie. ‘n RS-verslag en ‘n reeksnommer, wat bepaal word deur die klas van deelname, word uitgeruil. Rig ‘n veldstasie op of raak mobiel en neem deel aan die kompetisie. Lees die volledige reëls in die 2009 SARL-kompetisieboek.

Die eerste been van die SARL BHF-/UHF-kompetisie word oor die naweek van 21 en 22 Maart 2009 gehou.

Die sluitingsdatum vir die HF-Velddagkompetisielogstate is om middernag op Maandag 2 Maart. Logstate kan gestuur word aan hfcontests@netactive.co.za of per slakkepos aan Posbus 12104, Brandhof, 9324. Lees paragrawe 4 en 5 van die Algemene Reëls voordat u die logstate versend.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

15 en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15- en 20 m-openinge na Indië vanaf 14:00 SAT. Kontakte met Nieu-Seeland gaan uitdagend wees. Om 08:00 is daar moontlike 20 m-openinge na Australië. Kontakte met Peru is onwaarskynlik.

Brasilië kan waarskynlik op 15 m vanaf 14:00 en 20 m vanaf 19:00 gewerk word. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike kort, swak 15 m-openinge na Europa, wat deur kort 20 m-openinge gevolg gaan word. Kontakte met die VSA se Ooskus is op 15 m vanaf 18:00 moontlik en om 22:00 kan 20 m ook oopmaak. 10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer. Selfs 20 m ontwaak voor oggendtee. Saans is 80 m die beste keuse. Met die somer hier kan die donderstorms en statiese ontladings uitdagende toestande skep.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF u steeds aangenaam kan verras. Skakel u stel aan, luister en roep CQ om seker te maak dat u deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

Ten slotte:

DAGBOEK VAN GEBEURE

1 Maart – HAMNET 40-meterkompetisie;
2 Maart – Sluitingsdatum vir Velddaglogstate;
7 Maart – PARK Megasnuffelmark;
14 en 15 Maart – RSGB-Gemenebeskompetisie;
20 Maart – Sluitingsdatum vir SARL-PIC-kompetisie;
21 Maart – BACAR-lansering;
21 en 22 Maart – SARL se BHF-/UHF-kompetisie;
18 April – Węreldamateurradiodag, en
24 - 26 April – SARL se Nasionale Konvensie in Kaapstad.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n PODCAST-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Dennis, ZS4BS, saamgestel, en deur Jannie, ZR6PHD, geredigeer is.

Dankie dat u geluister het. 73.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003